Varser Asem |
Kougom is ‘n lewensredder na ete, of as jy op ‘n afspraak gaan met die persoon van jou drome, of na daardie sigaret net voor klas.
Wat weet ons regtig van die lewensredder genaamd kougom...het jy al gewonder hoe jy ure aan kougom kan kou sonder dat dit oplos?
Thomas Adams |
Santa Anna |
‘n Oorsig...
Meksikaanse Generaal Santa Anna het Chicle (sap van ‘n Sapodilla boom) gekou. Chickel is ‘n vorm van rubber. Dis soos om rubber bandjies te kou wat net soos Chicle glad nie oplos nie. Die Generaal het dit aan Thomas Adams ‘n uitvinder gewys. In 1870 het Adams die wêreld se eerste kougom fabriek oop gemaak en die kougom “Adams New York No. 1” vervaardig. In 1871 het Adams die eerste gegeerde kougom ontwikkel nl. Black Jack dit was ‘n licourice geur. Die probleem dat die geur gou verdwyn is in 1880 deur William White opgelos deur suiker en “corn syrup” by te voeg. Die eerste geur wat hy gebruik het was pipperment.
Rubber bande |
Chicle is sagter as rubber bande en versag as warm en verhard as koud. Net soos ons kougom vandag ken. Versagter wat van dennebome afkomstig is word steeds vandag deur die Wrigley Maatskappy (1914) in hulle basis gebruik.
Chicle van 'n Sapodilla boom |
Die hoof bestanddeel is suiker, gom basis, “corn syrup”, versagters, geursel en kleursel. Gom basis is meestal plastiek en rubber, maar daar kan ook van ‘n natuurlike produk nl. latex gebruik maak. Natuurlike latex soos Chicle, is sap van bome in die reën woud. Vervaardigers hou hulle resep ‘n geheim.
Hoekom aan ‘n stuk rubber of latex kou wat ‘n bietjie geursel bevat, wat nie kan oplos in jou mond nie. Wat nie goed is vir die natuur nie. As jy dit insluk word dit nie verteer nie, dit sal vir dae in jou sisteem bly tot dit as een stuk uitkom.
Baie opvoedkundig en interessant.
ReplyDeleteDis regtig iets anders. Ek het dit glad nie geweet nie. Ek is mal oor kougom! Nou weet ek vir wie om dankie te sê.
ReplyDeleteEk besef en hou somer dadelik op met kougom eet...
ReplyDeleteBaie interessant.
ReplyDeleteDis werklik baie interessant en goed om te weet dankie
ReplyDeleteBaie nice!! Altyd lekker om iets te leer van alledaagse goed
ReplyDeletedit was baie interesant en inspirerend dankie
ReplyDeleteHELLO...
ReplyDeleteDit is nogal snaaks om te sien waaruit kougom bestaan. Dit is nou iets wat elke persoon op 'n dag amper kou en geniet. Dit kom maar voor dat 'n mens dit nogsteed geniet, maak nie saak waaruit dit bestaan nie. Mooi gebruik gemaak van die prente. Baaaaieeeee Goed.
Baie cool en interessant wat jy hier skryf lekker kougom kou
ReplyDeleteDit baie goed!!!!
ReplyDeleteBaie interessant. Ek hou baie van kougom en dit was lekker om daaroor te lees
ReplyDeleteEk het gehoor dat een van kougom se basis bestanddeel is steenkool. Dit verklaar hoekom iets soos suiker en 'corn syrup' bygevoeg moes word om die steenkool so bietjie te verdoesel.
ReplyDelete...maar, in die 21ste eeu het daar iets wonderliks met kougom gebeur.
Oo, oo daardie "Clorets se eliminator"
kougom het seker die 'coolste' smaak.
Dit het mos dieselfde soort verpakking soos dié van sommige pille. Geseël sodat daardie smaak net nie moet verlore mag gaan nie. En dit verminder ook die kans dat daar nie eers één kougom per ongeluk mag val en ook verlore gaan nie.
Baie dankie aan almal wat gecomment het, julle is GrEaT!!!
ReplyDelete