Monday, August 23, 2010

KoUgOm...

Die media bombardeer ons daarmee: varser asem, skoner tande, hoef skaars tande te borsel, gryp net na kougom wat in honderde uitgepak is in supermarkte, enige maak en geur. Keuses is eindeloos.


Varser Asem
Kougom is ‘n lewensredder na ete, of as jy op ‘n afspraak gaan met die persoon van jou drome, of na daardie sigaret net voor klas.

Wat weet ons regtig van die lewensredder genaamd kougom...het jy al gewonder hoe jy ure aan kougom kan kou sonder dat dit oplos?

Thomas Adams
Santa Anna
‘n Oorsig...


Meksikaanse Generaal Santa Anna het Chicle (sap van ‘n Sapodilla boom) gekou. Chickel is ‘n vorm van rubber. Dis soos om rubber bandjies te kou wat net soos Chicle glad nie oplos nie. Die Generaal het dit aan Thomas Adams ‘n uitvinder gewys. In 1870 het Adams die wêreld se eerste kougom fabriek oop gemaak en die kougom “Adams New York No. 1” vervaardig. In 1871 het Adams die eerste gegeerde kougom ontwikkel nl. Black Jack dit was ‘n licourice geur. Die probleem dat die geur gou verdwyn is in 1880 deur William White opgelos deur suiker en “corn syrup” by te voeg. Die eerste geur wat hy gebruik het was pipperment.

Rubber bande

Chicle is sagter as rubber bande en versag as warm en verhard as koud. Net soos ons kougom vandag ken. Versagter wat van dennebome afkomstig is word steeds vandag deur die Wrigley Maatskappy (1914) in hulle basis gebruik.

Chicle van 'n Sapodilla boom
Die hoof bestanddeel is suiker, gom basis, “corn syrup”, versagters, geursel en kleursel. Gom basis is meestal plastiek en rubber, maar daar kan ook van ‘n natuurlike produk nl. latex gebruik maak. Natuurlike latex soos Chicle, is sap van bome in die reën woud. Vervaardigers hou hulle resep ‘n geheim.

Hoekom aan ‘n stuk rubber of latex kou wat ‘n bietjie geursel bevat, wat nie kan oplos in jou mond nie. Wat nie goed is vir die natuur nie. As jy dit insluk word dit nie verteer nie, dit sal vir dae in jou sisteem bly tot dit as een stuk uitkom.

Singapoer Vlag
G’n wonder dit is in Singapoer onwettig om kougom te vervaardig of in te voer en selfs te verkoop.